
Voormalige Bokvleuel keelvol vir kwotas
May 24, 2018Shafiek Mouton 24/05/2018 10h52
DIE voormalige Springbokvleuel, McNeil Hendricks, is van mening dat die term kwota-speler uit rugby en sport verban moet word. Dit volg op die voorval in die SuperSport-ateljee waar ‘n ander voormalige Springbokvleuel, Ashwin Willemse, van die stel af geloop het en onder andere aan sy mede-analiste, Nick Mallet en Naas Botha, gesê het dat hy (Willemse) sy “hele loopbaan lank geetiketteer was ‘n kwota-speler”.
In ‘n eksklusiewe onderhoud met fiekie7.co.za vertel Hendricks, wat onder Mallet vir die Boland en die Bokke gespeel het, dat hy die woord “kwota” verafsku. “Ek is glad nie ‘n aanhanger van die woord en die gebruik daarvan nie, ek voel bruin en swart spelers word verneder wanneer daar na hulle as kwota-spelers verwys word. Ek was self in my speeldae as ‘n kwota-speler gelabel al het ek gevoel ek is beter as van die ander wit ouens. Ek voel dat die woord (kwota) moet verdwyn uit Suid Afrikaanse rugby en dat diegene wat dit neerhalend gebruik, vasgevat moet word.”
Die 44-jarige boorling van Malmesbury het in 1996 sy debuut vir die Boland onder Mallet gemaak en vinnig opgang gemaak met sy kragspel en plettervatte op regtervleuel. Hy was daarna betrek as leenspeler vir die Bulle in die destydse Super 12 voordat hy in 1998 permanent vir hulle geteken het. Hy is daarna deur Mallet (toe Springbok-afrigter) opgeroep na die Springbokke en het sy debuut in dieselfde jaar teen Ierland as plaasvervanger gemaak.

Nick Mallet tydens sy termyn as Springbok afrigter. Foto: The Telegraph
Hy was vir die daaropvolgende toets teen Wallis op Loftus Versfeld ook as plaasvervanger gekies en het ‘n drie gedruk. Volgens Mackie, soos hy in rugbykringe bekend staan, het hy egter altyd sy rug teen die muur gehad.
“Toe Nick destyds oorvat by die Boland moes ek vir sewe of agt games wag voordat hy enigsins na my gekyk het. Hy het altyd die wit spelers wat hy gelike het gekies en ek is uiteindelik net gekies omdat ‘n ander speler beseer was. Gelukkig het ek my kans met albei hande aangegryp en kon hy my daarna nie langer ignoreer nie,” sê Hendricks, wat tans by skole op ‘n konsultasiebasis rugby afrig.
Oor die debakel wat homself in die SuperSport-ateljee afgespeel het, voel Hendricks dat Willemse al te veel ondermyn was. “Iets moes defnitief vir Ashwin omgekrap het vir hom om so op te tree. Hy was dikwels subtiel geondermyn deur die ouer, wit analiste en die wrywing tussen Nick en Ash kom nou al ‘n paar jare aan.”
Hendricks, het ook bekendheid verwerf het vir sy rol as Chester Williams teenoor die bekroonde Amerikaanse akteurs, Morgan Freeman en Matt Damon in Clint Eastwood se fliek “Invictus”, wat juis handel oor die rol wat oudpresident Nelson Mandela (gespeel deur Freeman) in die tydperk voor en tydens die Rugbywêreldbeker in 1995 gespeel het om versoening tussen wit en swart te probeer bewerkstellig.

CHESTER: Hendricks saam met Matt Damon wat die rol van Francois Pienaar vertol het. Foto: hollywood.com
As mens egter kyk na die reaksie uit sekere kringe na die SuperSport-debakel, was dit egter net ‘n rookskerm en dat baie nogsteeds dink dat wit outomaties beter as swart is. En dit, in elke liewe opsig, is uiters verkeerd en baie betreurenswaardig.
Hooffoto: Getty Images
Ek hou nog my opinie oor die hele Ashwin storie vir myself omdat ek min feite het maar hierdie artikel laat my dink.
Goed geskryf Shafiek, dit voel asof ek teenwoordig was met die onderhoud van Mnr Hendricks.
Hi Fiona. Ek voel ook soos jy en baie dankie vir die compliment, ek waardeer.
Ek is meer teleurgesteld oor die uitlatings van die mense, hoeveel rasistiese “comments” hier uit gekom het. Ek is bly as voorvalle soos dit plaas vind…net om almal n wake up call te gee hoe gebroke ons land nog regtig is, as jy al die comments lees. Ek weet nie wat die regte storie van die Ashwin voorval is nie, so ek hou my opine vir myself…
I love your piece Fiekie✌
Dankie Nevin, ek stem saam, baie van die comments is uiters teleurstellend.
Goeie skryfwerk Fiekie.Die artikel laat my as mens weereens besef watter negatiewe nagevolge apartheid op ons as persoon gehad het.Ons kleur kan dalk nie goed genoeg gewees het vir sekere dinge nie maar ons beskik oor soveel meer talente as wat baie net van kan droom.
Trots op wie ek is..
Dankie Nathalie!
Dan wonder mense hoekom baie ander vir ander lande se rugby support.
goeie artikel fiekie.
Dankie Elton, ek stem egter nie saam daai mense nie. Lees gerus onder die rugby category op my website wat ek daaroor te se het in “How do we stop the Cape Crusade?”