ROWEN RANNA: “My momentum het my oor die doellyn gedra”

ROWEN RANNA: “My momentum het my oor die doellyn gedra”

July 2, 2018 7 By Shafiek Mouton

2 Julie 2018 23h21

ROSES United het Saterdag sy derby teen Hillcrest United op Newton Park met 26-22 gewen. Hillies was rustyd met 10-5 voor.

Die mees opspraakwekkende oomblik van die wedstryd het in die tweede helfte gekom toe Rowen Ranna, regtervleuel van Roses, na ‘n kraglopie gaan druk het. Menige Hillies ondersteuners was egter warm onder die kraag oor die toekenning van die drie aangesien hulle gevoel het dat Ranna die bal kort van die doellyn geplaas het.

Verskeie fotos van die insident het gister op Facebook die rondte gedoen en talle opinies is uit verskillende oorde hieroor gelig. Roswall de Vries, bekende gemeenskapsfotograaf van Wellington, het die volgende op sy muur geplaas.

MOET MY NIE KRUISIG NIE… X MANET n FOTOGRAAF EN (ON)GELUKKIG WAS EK OP DIE REGTE PLEK OP DIE REGTE TYD… OORDEEL MAAR…

Posted by Roswall Ross De Vries on Sunday, 1 July 2018

Terence Minnaar, wat die wedstryd vanaf ‘n bakkie aan die Newton – Bos kant van die veld gekyk het, is dit eens dat dit nie ‘n drie was nie. “Die speler het die bal kort gedruk en dit toe probeer oorstoot. Hy het egter geen momentum gehad nie so in my opinie is dit nie ‘n drie nie. Ek is ook neutraal en ondersteun nie ‘n spesifieke span nie en omdat die veld so vol was en ek bietjie laat, moes ek noodgedwonge ‘n ander “pawiljoen” kry om die game vanaf te kyk. Dit was egter die perfekte plek om die spesifieke insident vanaf te sien.”

Terence Minnaar (links) het sake fyn dopgehou. Foto: Denshir de Koker

Terence Minnaar (links) het sake fyn dopgehou. Foto: Denshir de Koker

Martyn Mulder van Brakkies Sport Fotos het Sondag ‘n reeks fotos van die insident op die populere Boland Klubrugby Facebook – blad geplaas en dit het omtrent reaksie ontlok. Op Mulder se foto hieronder blyk dit ook asof Ranna wel kort is. Nog ‘n fotograaf, Denshir de Koker, is egter op dieselfde foto te sien in die agtergrond (langs die lynregter) waar hy ook ‘n foto van die drie neem.

TRY OR NO TRY? Die Ranna drie vanuit Mulder se hoek met De Koker duidelik in die agtergrond te sien. Foto: Brakkies Sport Fotos

TRY OR NO TRY? Die Ranna drie vanuit Mulder se hoek met De Koker duidelik in die agtergrond te sien. Foto: Brakkies Sport Fotos

Op De Koker se foto lyk dit egter of Ranna wel oor die lyn is. Mulder kan ook op hierdie foto gesien word terwyl hy sy reeks fotos van die drie in die agtergrond neem.

TRY OR NO TRY: Ranna kuier agter die doellyn met Perciville Koopman en kie wat moedig prober. Foto: Denshir de Koker

TRY OR NO TRY: Ranna kuier agter die doellyn met Perciville Koopman en kie wat moedig probeer om die drie te verhoed. Foto: Denshir de Koker

Volgens “The Punisher”, soos Ranna bekend staan, is daar geen twyfel dat dit wel ‘n wettige drie was nie. Hy het die volgende te sê gehad toe hy oor die drie gepols is.

* Laat weet gerus wat u opinie oor die drie is in die kommentaar seksie.