Roses te sterk vir Tiere in vriendskaplike wedstryd

Roses te sterk vir Tiere in vriendskaplike wedstryd

March 4, 2018 1 By Shafiek Mouton

ROSES United het Saterdag sy vriendskaplike kragmeting teen Tygerberg maklik met 46-28 gewen. Die wedstryd, wat op die Boland B veld beslis was, is gekenmerk deur goeie aanvallende rugby deur beide spanne. Die Rose het reeds met rustyd ‘n gerieflike voorsprong van 26-5 opgebou en dit het hulle instaat gestel om baie spelers speelkans te gee en sodoende hul diepte in sekere posisies te toets.

Die Wellingtonners het die vaste fasette oorheers en het meer as hul man gestaan teenoor die groter pak voorspelers van die besoekers. In die lynstane het kaptein Thurlow Marsh (agsteman), Kennedy Rorwanna (flank) en later Aldridge Marthinus (reserwe slot), baie goeie balbesit bewerkstellig vanwaar die Rose talle aanvalle vanaf kon loods.

Agterlangs het die veterane Percy Williams (skrumskakel) en Brendon April (vleuel) stewig vertoon terwyl losskakel Damian Engledoe en senters Tyrone Abelse en Ryan Julies goeie voorvoet bal aan die haastige Heini Isaacs (heelagter), Rowen Ranna (vleuel) en Johnwen Lewis (reserwe heelagter) verskaf het.

Percy Williams maak skoon van agter die oond. Foto: Anver Abrahams

Percy Williams maak skoon van agter die oond. Foto: Anver Abrahams

Die besoekers se reserwe heelagter, Rosco Cyster, het die Rose se verdediging by tye aan flarde geskeer met sy dartel lopies en spoed en het twee prag drieë gedruk. Die 18 jarige spoedvraat is beslis ‘n man wat nog diep spore in WP rugby kan trap.

Volgens Marsh was hul mandaat om hul wedstryd plan uit te oefen en ook om hul te meet teen Tygerberg wat nes die Rose verlede jaar in SARU se Gold Cup gespeel het. “Ons het baie hard gewerk saam afrigters Danie Roman, Franzel September en Clement Lewis en wou ons wedstryd plan implimenteer en goed uitvoer en ek dink ons het grootendeels daarin geslaag. Tygerberg het verlede jaar sesde in die land geeindig en is histories ‘n sterk klub. Ons pride onsself op ons aanvallende spel maar ook ons soliede verdediging en ek is baie happy met ons uitvoering”.

Weens die Wes-Kaapse droogte is die WP ligas uitgestel tot Junie en was Saterdag se wedstryd Tygerberg se eerste van die 2018 seisoen. Roses kan egter heel tevrede voel met sy vertoning en het verskeie spelers hande opgesteek.

Die Rose kom Saterdag in sy eerste liga wedstryd teen Ceres in Ceres te staan en sal die verdediging van sy titel op ‘n hoë noot wil begin.

Puntemakers:

Driee: Kelvin Fikster (haker), Percy Williams, Heini Isaacs (2) Johnwen Lewis,  Aldridge Marthinus. Doelskoppe: Damian Engledoe (2) en Johnwen Lewis (2).

*  Tygerberg het die tweede en derde  span wedstryde met onderskeidelik 19-7 en 36-5 gewen.

Hooffoto: Anver Abrahams