Ervare Lewis lei Kavaliers teen Olifante

Ervare Lewis lei Kavaliers teen Olifante

June 21, 2018 2 By Shafiek Mouton

21/06/2018 19h04

DIE Boland Kavaliers se vurige haker, Clemen Lewis, sal Saterdag sy span aanvoer teen die Oostelike Provinsie Olifante in ‘n SuperSport Uitdaagreeks wedstryd in Despatch. Lewis, die mees ervare Boland speler van alle tye, neem die leisels by Zandre Jordaan oor wie las het van ‘n beenbesering.

Jordaan se plek op agsteman word geneem deur Ludio Williams wat vanaf nommer sewe na agt skuif. Kenan Cronje neem oor by Williams op die kant van die skrum. Op heelagter vervang Jacquin Jansen vir Adriaan Carelse wat na die plaasvervangersbank skuif. Beserings aan Edwin Sass (binnesenter) en Rinus Bothma (slot) beteken dat Andries Viljoen en Brandon Valentyn hulself nou in die begin vyftiental bevind. Beide Sass en Bothma is goed op dreef en hul afwesigheid sal beslis gevoel word.

SASS: Uit met 'n skouer besering. Foto: Brakkies Sport Fotos

SASS: Uit met ‘n skouer besering. Foto: Brakkies Sport Fotos

Die wedstryd wat by die Despatch Rugbyklub gespeel word, skop om 15h00 af.

BOLAND KAVALIERS: 15. Jacquin Jansen, 14. Charles Mayeza, 13. Gerrit van Wyk, 12. Andries Viljoen, 11. Valentino Wellman, 10. Elgar Watts (O/K), 9. Jovelian de Koker, 8. Ludio Williams, 7. Kenan Cronje, 6. Tapiwa Tsomondo, 5. Brandon Valentyn, 4. Marlyn Williams, 3. Stefaan Grundlingh, 2. Clemen Lewis (K), 1. Arnout Malherbe.

Reserwes: 16. Francois Esterhuyzen, 17. Clinton Theron, 18. Kyle Kruger, 19. McMillan Muller, 20. Erich Kankowski, 21. Jaywinn Juries, 22. Adriaan Carelse.

*Despatch is ‘n dorpie tussen Port Elizabeth en Uitenhage in die Oos Kaap.

Hooffoto: Rugby15