DAVIE LAWRENCE: Die man agter die Boland Klubrugby Nuus Facebook blad

DAVIE LAWRENCE: Die man agter die Boland Klubrugby Nuus Facebook blad

May 25, 2018 0 By Shafiek Mouton

Shafiek Mouton 25/05/2018 09h59

TOE Davie Lawrence ‘n paar jaar gelede in George gaan bly het, het sy hart dikwels Saterdae aande gebrand om die uitslae van sy klub, Protea van De Doorns, asook die ander uitslae uit die verskillende Boland ligas te bekom.

Die talle WhatsApps, emails en Facebook inbokse asook die feit dat die inligting dikwels nie akkuraat was nie, het hom forseer om ‘n ander plan te maak. “Daar was ‘n groep op Facebook wat ek toe gejoin het en van daar het dit vlam gevat. Ek en my groot vriend, Collin Hopley, Sariedien Crook en Denve Jasson het later ons eie groep begin- Boland Klubrugby Nuus op Facebook. Ons het tans amper 44 000 lede en ek is oortuig daarvan dat dit die grootste klub rugby groep in die land of selfs in die wêreld is,” aldus Lawrence.

44 000 lede!

44 000 lede!

Volgens Davie is die blad ‘n “one stop” vir rugby liefhebbers in die Boland. “Die blad is waar ondersteuners kan gaan en als uitvind rondom hul gunsteling spanne. Ons doen voorskoue van die wedstryde, veral die Groot Uitdaagbeker en plaas alle ligas se uitslae, puntemakers en puntestande op die groep. Basies kan jy op die blad alles uitvind rondom klubrugby in die Boland.”

Lawrence, wat homself beskryf as ‘n doodgewone, vriendelike outjie “next door” is altyd gereed om ‘n geselsie aan te knoop en te help waar hy kan. “Ek is ‘n bestuurslid by my geliefde Protea (Prouks) waar ek die rol van wedstrydsekretaris en media beampte vertolk. Ek hou ook daarvan om interaksie met die klublede te hê.”

Davie (hy se dis Dy-wie, nie Dawie soos die kabouter nie) voeg by dat hy self nie juis rugby gespeel het nie (ek kon nie die mas opkom nie) maar wel ‘n student van die spel is en elke dag leer. “Op die oomblik as ek moet kies is Earl Lewis van Darling een van die voorste spelers in die Boland Klub scene. Sy manier hoe hy te werk gaan in wedtryde en sy komkommer koel benadering is iets om te aanskou. Internasionaal het die voormalige Bok kaptein, Jean de Villiers, my altyd beïndruk,” sê die 34 jarige Lawrence.

Davie is glad nie 'n kaboter nie!

Davie is glad nie ‘n kabouter nie!

Op ‘n vraag oor wie sy gunsteling “banters” op die blad is, is hy maar skugter om te antwoord. ” Ek gaan in die moeilikheid beland as ek iemand mis. Daar is ‘n hele paar. Ons het in 2016 met die projek begin en daar is “banters” wat sedert daai tyd die blad ondersteun na ons vanaf twee verskillende bladsye van voor af moes begin.”

“Dis great om te aanskou hoe vriendskappe op die blad gebou word. Die blad bring mense van verskillende agtergronde bymekaar wat andersins nie sou gebeur nie. En wat vir my belangrik is, is om ons klubspelers in ons gemeenskappe broodnodige blootstelling te gee.”

Hy se dat daar verskeie van die Boland Rugby Unie se beamptes ook die blad volg maar ‘n baie lae profiel handhaaf en dat iemand soos Duane Heath, projek bestuurder van SARU se Gold Cup, ook ‘n lid van die blad is.

Lawrence voeg by dat daar sommige dae vure geblus moet word op die blad. “Party lede raak maar nou en dan warm onder die kraag oor sekere dinge dan moet ons maar die vrede bewaar en seker maak niemand word te na gekom nie.”

Davie sluit af met ‘n boodskap aan die lede op die groep. ” Baie dankie vir die ondersteuning en goeie gees en vir diegene wat nog nie op die groep is nie – kom en maak geraas dat jou span kan skroebana maak!”

Volg Davie op Facebook by https://web.facebook.com/davie.lawrence en sluit aan by die gesprek op Boland Klubrugby Nuus op Facebook by https://web.facebook.com/groups/1883663661906379/