Carelse vervang ervare Watts vir Kaapse derby

DIE Boland Kavaliers meet Saterdag teen die Westelike Provinsie kragte in ‘n Supersport Uitdaagreeks wedstryd op Nuweland. Die wedstryd dien ook as voorwedstryd vir die Super Rugby wedstryd tussen die Stormers en die Bulls.

Die Boland span toon twee veranderinge teenoor die een wat teen die Border Bulldogs twee weke gelede in Port Elizabeth koning gekraai het. Adriaan Carelse vervang die immergroen Elgar Watts op losskakel met laasgenoemde wat genoegsaam herstel het van ‘n ligte beenbesering om stelling op die plaasvervangerbank in te neem. Carelse sal ook die stelskopwerk by Watts oorneem met Jacquin Jansen (heelagter) wat ook ‘n opsie is.

In die voorry vervang Kyle Kruger vir Stefaan Grundling met Clinton Theron wat na vaskopstut skyf en Kruger wat die nommer een trui sal dra.

Die Kavaliers sal poog om sy onoorwonne status in die reeks te behou maar dit gaan beslis nie maklik wees teen ‘n WP span wat ook tans met ‘n 100% wenrekord spog na hul oorwinnings oor die OP Olifante en die Bulldogs.

Die WP se opwindende agterste drie van Tristan Leyds (heelagter), Duncan Saal en Edwill van der Merwe (vleuels) moet dopgehou word terwyl Boland se senterpaar van Edwin Sass en die voormalige Blitsbok, Rayno Benjamin, asook die woelige flank, Tapiwa Tsomondo, die Kapenaars deeglik sal beproef.

Die wedstryd skop af om 12h15.

BOLAND KAVALIERS: 15. Jacquin Jansen, 14. Charles Mayeza, 13. Ryno Benjamin, 12. Edwin Sass, 11. Valentino Wellman, 10. Adriaan Carelse, 9. Jovelian de Koker, 8. Zandré Jordaan (kaptein), 7. Ludio Williams, 6. Tapiwa Tsomondo, 5. Rinus Bothma, 4. Marlyn Williams, 3. Clinton Theron, 2. Clemen Lewis, 1. Kyle Kruger

Reserwes: 16. Francois Esterhuyzen, 17. Arnout Malherbe, 18. Stefaan Grundlingh, 19. Kenan Cronje, 20. Sergio Torrens, 21. Gerrit van Wyk, 22. Elgar Watts

DHL WESTELIKE PROVINSIE: 15 Tristan Leyds, 14 Duncan Saal, 13 Dan Kriel, 12 Dan du Plessis, 11 Edwill van der Merwe, 10 Joshua Stander, 9 Herschel Jantjies, 8 Luke Stringer (captain), 7 Johan du Toit, 6 Steph de Wit, 5 Ruben de Villiers, 4 Ernst van Rhyn, 3 Neethling Fouche, 2 Chad Solomon, 1 Ali Vermaak.
Reserwes: 16 Dean Muir, 17 Kwenzo Blose, 18 Michael Kumbirai, 19 Chris Massyn, 20 Marno Redelinghuys, 21 Justin Phillips, 22 Grant Hermanus

Hooffoto: Adriaan Carelse neem oor by Elgar Watts. Netwerk24

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *