Abelse mik nog hoër in 2018

VIR Tyrone Abelse, kranige senter van Roses United, was 2017 ‘n droom jaar. Die Rose was gekroon as Boland kampioene, hy was een van hul voorste driedrukkers en het hy die gesogte spelers se speler van die jaar toekenning by hul beker uitdeling verower.

Volgens Abelse, wat sedert die ouderdom van 10 reeds rugby speel, was sy ingesteldheid en sy ondersteunings sisteem die verskil tussen verlede seisoen en vorige seisoene. “Ek het myself gedruk en baie harder as ander seisoene gewerk. Ek het sterker in die gimnasium geword en baie ure daar spandeer. Coach Danie (Roman) en Coach Franzel (September) het my gehelp om aan my vaardighede te slyp en dit was great om saam gesoute manne soos Cornal Hendricks, Jacquin Jansen en Damian Engledoe te speel. Ek het ook twee keer harder op my eie geoefen en was uiters gemotiveerd.

My ouers en my broer Angelo, het ook groot geloof in my en ondersteun my eindeloos en moedig my deurentyd aan. My pa is ‘n oud afrigter by Roses en Angelo was ook ‘n uithaler senter vir Roses voor beserings sy loopbaan gekortwiek het. Ek het dus langs die veld groot geword en sodoende baie lief vir Roses geword. Die klub lê baie na aan my hart en alhoewel ander klubs my altyd nader om vir hulle te speel is dit hier waar my hart is. Roses is ook die plek waar jy jou rugby tot die volgende vlak kan neem en die is my rugby tuiste.”

Die 24 jarige oud leerder van Bergrivier Hoërskool, het verlede seisoen ontpop as ‘n driedrukker van formaat en het hy 12 drieë in 17 liga wedstryde vir die Rose gedruk. Hy het ook 5 drieë in slegs 3 wedstryde in die Boland Top 8 kompetisie gedruk teen Atlantics, Villagers Worcester asook Robertson wat Roses se deelname aan die Gold Cup verseker het. Hy het ook deurentyd uitstekende lyne op die aanval gehardloop en buite agterspelers soos Rowan Ranna, Brendon April, Johnwen Lewis en Hendricks op die voorvoet gesit. Op die verdediging was hy ook ‘n doring in menigte opposisie se vlees en sy plettervatte in die middelveld is oral van heinde en vêr gehoor.

Volgens Abelse is sy groot held die Lions en Springbok senter, Lionel Mapoe. En nes Mapoe, vier hy gereeld drieë deur ‘n handsein soos ‘n kapokhaan te maak wanneer hy gaan druk. Hy sonder ook sy veteraan spanmaat, Percival Williams (skrumskakel) as die plaaslike speler wie hom die meeste beïndruk en op internasionale vlak hou hy van Ma’a Nonu.

KAPOKHAAN: Abelse ken die pad doellyn toe: Foto: Francio Abrahams
KAPOKHAAN: Abelse ken die pad doellyn toe. Foto: Francio Abrahams

Volgens Franzel September, Direkteur van Afrigting by Roses is Tyrone ‘n baie belangrike wapen in die Rose se arsenaal. “Ty is ‘n great man om in die span te het, hy is wel ‘n man van min woorde maar wanneer hy praat, luister almal. Hy skaaf ook hard aan sy vaardighede en weet presies waar sy sterkpunte asook sy leemtes is. Op 24 is hy reeds een van die leiers in die span en het hy ‘n kalmerende invloed op die spelers. Ek voorspel groot dinge vir Tyrone”.

Abelse weeg tans 82kg en staan 1.76m in sy sokkies en werk hy steeds hard aan sy liggaam asook sy vaardighede. “Ek wil graag vir die Boland Kavaliers speel en ek glo as ek nog harder werk en beseringsvry bly is dit ‘n haalbare doelwit vir my. Vir nou sal ek slegs my beste vir Roses gee en hopelik val dinge in plek vir my, dis als te danke aan God dat ek so ‘n onvergeetlike seisoen verlede jaar kon het en ek gee alle lof en eer aan Hom”.

Tyrone Abelse en die Rose kom komende Saterdag 3 Maart teen Tygerberg op Boland B in ‘n vriendskaplike wedstryd te staan. Die Tiere het verlede seisoen die Westelike Provinsie in die Gold Cup verteenwoordig en dit beloof om ‘n klipharde stryd te wees. Wedstryde begin om 13h30.

 

Hooffoto: Roswall de Vries

 

 

10 thoughts on “Abelse mik nog hoër in 2018”

  1. Fiekie… J bly maar n “yster”… Goeie Aritkel soos Altyd… Hou so aan!!!
    Voorspoed Ty en ek weet jy sal ek kan nog net verbeter… Sterkte broe!!!

  2. Goeie artikel Mnr Mouton.. Sterkte met die seisoen Tyrone, jou geleentheid is om die draai Champ. Jy is regtig waar ‘n yster daar in die mid…

  3. Daar is soveel briljante spelers in Wellington en Tyrone is wragtig een van die top manne op my lys. Al breek hy my hart waneer ons derby speel kan ek nie help as om in “awe” van sy spel te wees nie. Met jou ingesteldheid gaan jy nie net vir Boland speel nie maar groter hoogtes as dit bereik. Keep working hard, keep believing and success will follow….

    Dit is n riem onder my hart dat jy van ons eie n artikel geskryf het want dis waar jou hart le Shafiek.

    Great stuff as always!!

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *